Tuisblad in Afrikaans

From Wikimedia ZA
Jump to: navigation, search
Afr WMZA Logo.png

Jongste Nuus

Wiki Loves Monuments 2015
400px-Women's Memorial Under Rainy Sky.jpg

September is Erfenis maand in Suid Afrika, en ook die begin van 'Wiki Loves Monuments 2015', die foto kompetisie vir monumente en ander plekke met erfenis status.

Die kompetisie nooi die publiek om foto's van monumente gedurende September op 'Commons' te laai wat gebruik kan word in verskeie Wikipedia artikels.

Vir meer inligting, besoek gerus ons Wiki Loves Monuments webtuiste en ons WLM Facebook Bladsy


SA Gebruiker Opname

Short version Infographic-WMZA survey results 2015.png


'n Baie groot dankie aan die 404 mense wat deelgeneem het aan ons opname.

Die volledige statistieke is beskikbaar op Commons.


'Wiki from Above' 2015 Wenners

Wiki From Above LOGO 2015.png

Die wenners van die 'Wiki from Above' 2015 kompetisie is hierdie naweek aangewys by die FPV Fees in Stellebosch. 'n Groot dankie vir almal wat aan die kompetisie deelgeneem het!


Beste FOTO - SkyPixels - Bloubergstrand

2de Beste FOTO - Aerial Picture and Video - Pringle Bay


Beste VIDEO MATERIAAL - Capricorn4049 - Piz Surgonda

2de Beste VIDEO MATERIAAL - SkyPixels - Cecil Rhodes Memorial Cape Town


Beste Gebruik op Wikipedia - Darkwing Aerials - Roman Rock Lighthouse


Om al die inskrywings te sien, besoek gerus die kategorie op Commons.


Die Afrika gemeenskap kom bymekaar by die Wikimedia Konferensie, Berlyn 2015

Verteenwoordigers by WMCON015. Foto: CC BY SA - Habib M'henni

Verteenwoordigers van Suid-Afrika, Tunisie, Algeria en Ghana het die Afrika gemeenskap verteenwoordig by die Wikimedia Konferensie in Berlyn oor die naweek.

Belangrike gesprekke is gevoer oor die toekoms van die Afrika gemeenskap, en hoe WMZA die groepe kan ondersteun.

Vir meer inligting oor hierdie Konferensie, besoek gerus die meta bladsy vir WMCON2015.

Om te lees wat ons bespreek het, besoek gerus die 'etherpad'.


Joburgpedia 2015

Skyline-Title.svg


Joburgpedia is 'n projek wat daarop gemik is om historiese en geskiedkundige geboue op Wikipedia aan te teken.


Hierdie Saterdag, 9 Mei 2015 is die amptelike bekendstelling van die Skryf Kompetisie saam met ons venoot, 'Constitution Hill Education Project'.


Die kompetisie begin op 9 Mei 2015 en eindig op 30 Junie 2015. Enige iemand in Gauteng kan deelneem, asook skole wat as 'n span wil inskryf.


The Constitutional Court of South Africa
Constitution Hill Trust, 1 Kotze Straat, 2000 Braamfontein, Johannesburg
09:00 - 12:00
Laat weet ons op Facebook of jy dit gaan bywoon


Vir verdere inligting, kontak asseblief Die Administrateur


Wiki from Above - Verlenging van Kompetisie

Wiki From Above LOGO 2015.png

Goeie nuus! Die sluitingsdatum vir die Wiki from Above kompetisie is verleng tot 25 Mei 2015.

Die fokus van die projek is om die kwaliteit en kwantiteit van lug foto's op Wikipedia uit te brei.

Om te loer na die inskrywings alreeds ontvang, besoek gerus die Kategorie op Commons.


CBS Onderhoud met Jimmy Wales

CBS Interview with Jimmy Wales.png


Oor 200 keer per sekond, a half biljoen keer a maand - dis hoe gereeld iemand Wikipedia gebruik - een van die wêreld se besigste webtuistes!


Kyk hier na 'n onderhoud met Jimmy en vind meer uit oor Wikipedia.


Een van Wikimedia ZA's se projekte Joburgpedia word ook genoem!


Afrikaans Wikipedia - Onderhoud op RSG

Wikipedia-logo-af.png


Het jy geweet dat die Afrikaanse Wikipedia 13 jaar oud is en meer as 34 000 artikels bevat!


Leer meer oor die Wiki in 'n onderhoud op RSG.


Algemene Jaarvergadering


Die AJV van Wikimedia ZA het plaasgevind op Saterdag, 1 November 2014. 'n Woord van dank aan al die lede wat dit bygewoon het.

'n Afskrif van die notule kan hier besigtig word. Besoek gerus hierdie skakel om meer uit te vind oor ons projekte en planne vir die pad vorentoe.


'n Paar Hoogtepunte :


Verteenwoordiging van Afrikaans



Vir die eerste keer in die geskiedenis van WMZA, het ons 'n Afrikaans-sprekende Direkteur aangestel as Direkteur. Ons wil graag al die tale in Suid Afrika verteenwoordig, en ons voel dat die Afrikaanse wiki 'n belangrike deel van die wiki-gemeenskap is.


Direkteure



Directors 2014 2015.png


'n Hartlike verwelkoming aan Deon Steyn en Pria Chetty wat verkies is as Direkteure. Die raad vir die 2014/2015 periode is saamgestel as volg :

  • President - Douglas Scott
  • Bobby Shabangu
  • Dumisani Ndubane
  • Pria Chetty
  • Deon Steyn
  • Isla Haddow-Flood


Baie geluk aan Douglas met sy verkiesing as President!


Lidmaatskap



Lidmaatskap fooie is vasgestel op R 30.00 per jaar.

Lewenslange lidmaatskap fooie is vasgestel op R 300.00.


Indien u graag 'n lid van Wikimedia ZA wil word, stuur asb 'n e-pos aan Die Administrateur.


Kalender

Raak Betrokke

Wikimedia ZA information.svg Meer oor Ons

Wikimedia ZA group.svg Sluit by ons Aan

Wikimedia ZA piggybank.svg Ondersteun Ons

Volg Ons

Sluit aan by die Wikimedia ZA Poslys

Sluit aan by die Wikipedia Afrikaans Poslys

WMZA Facebook Bladsy

Wiki Loves Monuments Facebook Bladsy

Joburgpedia Facebook Bladsy

YouTube Kanaal


Hulpbronne

Ons Vennote

the Wikimedia Foundation

Personal tools
Namespaces

Variants
Actions
Organization
Get Involved
Wikimania 2018
Connect
Toolbox